RIVERSDAL NUUS - Andreshia Radyn van die VLV Voëlvlei-tak het onlangs toiletware wat deur lede geskenk is, aan Illse Olivier, die bestuurder van Huis Goukam op Riversdal, oorhandig.
VLV Voëlvlei ondersteun Huis Goukam waar gestremde en terminaal siek persone versorg word.
Slagoffers van motorongelukke wat vir plasings na ander instellings wag, word ook hier versorg.
Volgens Olivier waardeer hulle enige bydrae van veral toiletware, omdat daar altyd 'n groot behoefte daaraan is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'