RIVERSDAL NUUS - Dié vroue staan nie net reg vir koekbak en kuier nie, maar pak gereeld projekte aan waarby die gemeenskap kan baat.
Vroue-Landbouvereniging (VLV) het onlangs hul afsluiting vir vanjaar gehou. Die kollig was weer op projekte wat suksesvol aangepak en afgehandel is.
Datums vir volgende jaar se vergaderings is vasgemaak en almal is gereed om nuut beplande projekte aan te pak. Hester van Noordwyk het haar knopie vir 20 jaar- en Sandra Saaiman vir 10 jaar-lidmaatskap ontvang. Saaiman het ook die trofee, wat uit 1983 dateer, vir beste gebak sowel 100% bywoning ontvang.
Yolanda Prinsloo is met die Ek probeer-trofee toegeken. Ander vroue wat vir 100% bywoning vereer was, is Marie Liebenberg, Isabel Cronjé en Ena Geldenhuys.
'n Spesiale aand waartydens lief en leed gedeel is, was weereens 'n bewys dat vroue van die VLV saam staan en mekaar ondersteun.
Werner van Niekerk het verskeie sangitems gelewer en almal het dit geniet om saam te kon sing.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'