STILBAAI NUUS - Danksy vinnige optrede van Stilbaai NSRI het twee swemmers van Jongensfontein Donderdag 21 November ternouernood aan verdrinking ontkom.
Volgens NSRI-woordvoerder Craig Lambinon het omstanders wat vermoed het die mense is in die moeilikheid, omstreeks 17:35 'n noodoproep gemaak.
Die voorval het by die Goukou-riviermond gebeur.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'