- 70 Persent vrouens het al 'n mate van fisiese- en/of seksuele geweld in hul leeftyd ervaar, meestal deur 'n persoon waarmee hulle 'n intieme verhouding het.
- In Suid-Afrika word 'n vrou elke ses uur deur 'n lewensmaat vermoor.
- 603 Miljoen vrouens leef vandag steeds in lande waar gesinsgeweld nog nie as 'n misdaad beskou word nie.
- Meer as 700 miljoen vrouens wat vandag leef, was getroud voor die ouderdom van 18 en meer as een uit drie vrouens voor die ouderdom van 15.
- Navorsing uit Afrika-lande, insluitend Suid-Afrika, het bevind dat vrouens wat slagoffers van geweld is 'n hoër risiko het om met MIV besmet te word.
- 80 Persent slagoffers van mensehandel is vrouens en kinders.
- Die risiko vir vrouens tussen 15 en 44 jaar is groter om verkrag te word of 'n slagoffer van gesinsgeweld te wees as wat dit is om met kanker of malaria gediagnoseer te word, 'n oorlog te beleef of selfs in 'n motorongeluk te wees.