HEIDELBERG NUUS - Vier mans is onderskeidelik op 8, 9 en 15 Mei in hegtenis geneem nadat daar by 'n plaashuis net langs die N2 ingebreek en verskeie items ter waarde van nagenoeg R154 000 gebuit is.
Volgens die ondersoekbeampte het die inbrake op 2 en 3 Mei plaasgevind en was die eienaar van die huis tydens die inbraak uitstedig.
Die sleutelhouer van die perseel het met besoek aan die huis opgemerk dat die televisie nie daar is nie.
Met sy terugkoms het die eienaar vasgestel dat ongeveer 60 items gebuit is, onder meer drie selfone, die platskermtelevisiestel, juweliersware, elektriese gereedskap, vleis, kruideniersware, kontant en 'n 1306-jaggeweer. Laasgenoemde is glo by 'n huis in Young-sirkel in die solder gevind.
Die mans sal op 21 Julie op aanklag van huisbraak met die opset om te steel, asook diefstal in die plaaslike landdroshof verskyn.
• Tiaan Kistoor (26) van Heidelberg is Dinsdag 19 Mei skuldig bevind op aanklag van diefstal nadat hy vroeër in die jaar 'n selfoon uit 'n huis in Joe Slovo Park gebuit het. Hy is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'