RIVERSDAL nuus - Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (VGKSA) het van 13 tot 15 September hul ringsitting by die Riversdal-gemeente gehou.
Die George-ring strek van Riversdal tot Plettenbergbaai en bestaan uit 17 gemeentes.
Vyftig afgevaardigdes het besin oor die rol van die kerk in die samelewing. 'n Kers is aangesteek om die kerk se teenkanting teen geweld teenoor vroue, misdaad en die xenofobiese aanvalle in die land sterk te veroordeel.
Prof. D X Simon, verbonde aan die teologie-departement aan die Universiteit van Stellenbosch en leraar by die Kraaifontein/Scottsdene-gemeente, was die gasspreker tydens Sondag se nagmaaldiens. 'n Nuwe ringkommissie, met ds. Charlton Crowley van die Mosselbaai-gemeente as voorsitter, is gekies.
Die Riversdal-gemeente het nie op die oomblik 'n voltydse leraar nie en ds. Bennie Roelfse van die Groot-Brakrivier-gemeente tree as konsulent op. Die klein, dinamiese gemeente wat ook in 2006 die gasheer vir die ringsitting was, se 60-jarige bestaansviering word vir 2010 beplan.
Vyftig afgevaardigdes het die ringsitting bygewoon.
Prof. D X Simon van die Universiteit van Stellenbosch se teologie-departement, was die gasspreker by die nagmaaldiens. Foto’s: Keith Eksteen, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'