WITSAND NUUS - Hessequa-munisipaliteit verduidelik die kennisgewing by pad 4504 naby dié kusdorp.
Na aanleiding van verwarring oor die betekenis van die kennisgewing by die ondergeskikte pad 4505 naby Witsand, het Suid-Kaap Forum 'n navraag aan die munisipaliteit gerig.
Harold Basson, direkteur: tegniese dienste, het hierdie verduideliking verskaf:
"Die gebruik van die term 'padsluiting' verwys nie na 'n fisiese sluiting nie," sê Basson. "Dit is die proses om 'n provinsiale pad se status te verander na 'n munisipale pad. Die 'publieke deelname' is 'n vereiste van die proses." Volgens Basson is die bord egter baie misleidend en daar is versoek dat 'n nuwe bord opgesit word wat meer besonderhede, soos die kontakpersone, verskaf. "'n Ander afsnydatum sal waarskynlik deel daarvan wees," sê hy.
Volgens hom is een van die voorwaardes vir die ontwikkeling wat aangrensend aan die pad is, dat die pad opgegradeer word volgens die munisipaliteit se standaarde.
"Die tydraamwerk is egter nog nie gefinaliseer nie weens die feit dat die 'padsluitingsproses' eers afgehandel moet word."
Hy het die versekering gegee dat, sover prakties moontlik, voorsiening gemaak sal word vir publieke toegang tydens die konstruksieproses.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'