HEIDELBERG NUUS - Die Heidelberg-polisie benodig dringend inligting oor verskeie huisbraak- en diefstalklagtes in beide dié dorp, asook Witsand.
Volgens adjudant-offisier Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte is daar by die plaaslike koöperasie 'n 20 liter Defy-mikrogolfoond en Pineware-ketel ter waarde van R1 300 gesteel.
Inligting sal vertroulik hanteer word en kan dit aan sp konst Donmary Roberts (079 894 1586) deurgegee word.
Inligting word ook benodig om die skuldige op te spoor wat 'n 127cm Sony Bravia-plasmaskermtelevisie in Witsand gesteel het. Die waarde daarvan is R20 000. Enigiemand met inligting kan sers Whitey Solomon (084 661 1155) of die dienssentrum (028 722 1910) skakel.
Verskeie elektriese gereedskap is ook oor die afgelope paar weke op Heidelberg en Witsand gesteel. Windvogel doen 'n dringende beroep op alle inwoners om nie artikels te koop indien hulle nie seker is of dit gesteelde eiendom is nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'