HEIDELBERG NUUSFLITS - Die Pongolo-familie se vrese is Dinsdag 18 Julie bewaarheid toe David Pongolo (53) van dié dorp se liggaam buite Worcester gevind is.
Pongolo was sedert Vrydag 7 Julie vermis nadat hy glo by familie op Colesberg in die Oos-Kaap vir ’n paar weke gekuier het.
Hy het blykbaar gedurende die nag van 18/19 Julie langs die pad verkluim.
Volgens die aanvanklike verslag van die plaaslike polisie, was reëlings getref dat hy met die taxi tot op Worcester sou ry waar sy familie hom by die polisiestasie sou ontmoet.
Met sy familie se aankoms was Pongolo egter nêrens te vinde nie.
Hy word Saterdag 29 Julie op Venterstad begrawe.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'