HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike inwoner wat sedert Woensdagaand 19 Julie vermis was, is opgespoor.
Die 24-jarige Christopher (Christie) Jacobs is Maandagoggend 24 Julie deur sy oudste suster, Andeline tussen die ruigtes langs die Duivenhoksrivier gevind.
Volgens haar was hy erg verswak toe sy teen ongeveer 10:30 op hom afgekom het.
Hy sterk tans by die plaaslike daghospitaal aan.
Volgens Jacobs se ma, Annie is hy geestelik gestrem en ’n epileptieselyer. Hy het al voorheen ’n paar keer verdwyn, maar sê dat hy die volgende dag weer opgespoor is.
Hulle was rasend van bekommernis, omdat hy vir 'n hele paar dae weg was en dit so koud is.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'