ALBERTINIA NUUS - Twee afsonderlike ongelukke het die afgelope week naby dié dorp op die N2 plaasgevind.
Een van die ongelukke waar die bestuurder moontlik beheer oor die voertuig verloor het, het Woensdag 31 Oktober 'n paar kilometer van Resiesbaan af gebeur.
Die bakkie waarin hy onderweg was, het omgeslaan en in die veld aan die teenoorgestelde kant van die pad op sy dak tot stilstand gekom.
Twee verbygangers het die man, wat in die motor vasgekeer was, uitgehelp. Hy is na Riversdal-hospitaal geneem.
In die ander voorval het twee volwassenes en agt kinders ligte beserings opgedoen. Die bakkie waarmee hulle op pad Kaap toe was, se wiel het moontlik gebars waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Dit het nie gerol nie, maar in die veld tot stilstand gekom.
Dit het tussen Riversdal en Albertinia op die N2 op Sondag 4 November, omstreeks 12:50 gebeur.
Lees verwante artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'