Volgens kapt Johan van Tonder, stasiebevelvoerder is daar drie bedekte transaksies die afgelope maand met een van die mans, André 'Boesman' Cloete beklink waarna die departement van openbare vervolging die nodige goedkeuring verleen het vir visentering en optrede.
Suid-Kaap FORUM was op die toneel tydens die operasie en daar was geen polisiebrutaliteit nie. Dit blyk dat bewerings dat die polisie brutaal optree tydens sulke optredes, van alle waarheid ontbloot is.
Lees Donderdag meer in die Suid-Kaap FORUM, en aanlyn.
Betrokkenes by die tik wat gekonfiskeer is, van links: konst Mlungisi Khosa, ao Adri du Preez, en konstabels Charlton Petersen, Johannes Pietersen, Gavlin Green, Granville Jantjies en Johan Dercksen. Afwesig met neem van die foto: konst Adriaan Erasmus. Foto: Louise Mouton
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'