VERMAAKLIKHEID NUUS - ‘n Brand het weer in Vermaaklikheid buite Riversdal in die Hessequa-streek ontstaan.
Volgens Charl Wade, streeksbestuurder: SCFPA is dit net buitekant die gebied waar dit ‘n paar jaar gelede verwoesting gesaai het.
Eden-brandweerdienste en die SCFPA se spanne is op die toneel. Die WoF-helikopter het pas vir die aand afgestaan.
“Dit is vir die oomblik onder beheer, maar die weer gaan ‘n groot rol speel,” het Wade gesê.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'