WES-KAAP NUUS - Ten spyte van vele waarskuwings dat inwoners gehoor moet gee aan die inperking en in hul huise moet bly behalwe om noodsaaklikhede te gaan koop of ander nooddienste, steur baie hulle nie daaraan nie.
Volgens Kenny Africa, Wes-Kaap verkeershoof, is daar reeds 107 mense gearresteer wat nie aan die regulasies gehoor gegee het nie.
Luister hier na sy stemboodskap
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'