HESSEQUA NUUS - 'n Nuwe elektroniese handtoestelsisteem sal Hessequa verkeersbeamptes in staat stel om die uitreik van boetes meer vaartbelyn te maak.
Motoriste se inligting kan outomaties gelees word deur die nommerplaat of bestuurderslisensie te skandeer.
Die beampte wat die boete uitreik, moet in besit wees van 'n aanstellingsertifikaat.
Indien die aanstellingsertifikaat nie getoon kan word nie, mag die betrokke persoon nie 'n boete uitreik nie.
Bestuurders se inligting word outomatiese op die elektroniese toestel gelaai, in stede daarvan dat dit met die hand ingevul word op die ou pienk kaartjie.
'n Boetekaartjie word onmiddellik uitgedruk deur middel van 'n mobiele drukker en aan die bestuurder oorhandig.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'