RIVERSDAL NUUS - 'n Verdagte grys paneelwa is Dinsdag 15 Augustus op die N2, rigting Heidelberg opgemerk en 'n lid van die publiek het die polisie daarvan in kennis gestel.
Die voertuig is voorgekeer, maar twee verdagtes het op die vlug geslaan. "Binne die voertuig is 16 North Star selfoontoring bystandbatterye, asook gereedskap soos 'n saag en koevoet gevind," sê Riversdal-polisie se mediawoordvoerder, sers. Edwina Heskwa.
Beslag is op die voertuig gelê, wat tans in die voertuigskut is. Die ondersoekbeampte is sers. Abe Kamfer.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'