ALBERTINIA NUUSFLITS - ‘n Verdagte is vanoggend vir die moord op Myrone, seun van ‘n bekende inwoner, Fred Carelse gearresteer.
Volgens inligting vanaf die stasiebevelvoerder, kapt. Susan Botha, was Carelse en ‘n persoon genaamd Sakman gister (Sondag 26 November) in ‘n woordewisseling betrokke, waarna die verdagte Carelse met ‘n mes in die hart gesteek het.
Hy het in die ambulans onderweg na die hospitaal beswyk.
Die verdagte sal na alle waarskynlikheid vandag in die hof verskyn.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'