RIVERSDAL NUUS - Misdaad is besig om toe te neem, maar volgens lt.kol. Delicia Isaacs is daar baie maniere om te verhoed dat dit jou oorkom.
Wenke
• Wees bedag wanneer jy na jou huis toe loop, veral in die oggendure, want dit is meestal die tyd wanneer mense deur persone met 'hoodie tops', kappies en in sekere gevalle maskers aangeval word sodat hul gesigte nie uitkenbaar is nie;
• Probeer om nooit alleen te loop nie. 'n Groep word nie sommer geteiken nie.
• Inwoners wat vanaf kuierplekke kom en onder die invloed van alkohol is, word dikwels aangerand en van hul klere en ander besittings beroof.
• 'Hot spots' waar misdadigers dikwels toeslaan is in Aalwynlaan, Aloeridge by die trappe.
• Wanneer jy geld by 'n kitsbank trek, maak seker dat die omgewing veilig is. Persone gee voor dat hulle vir iemand naby die kitsbank wag, maar beroof dan persone sodra hul klaar geld getrek het.
• Rapporteer verdagte persone naby kitsbanke onmiddellik.
Swendelary
"Wees versigtig wanneer jy items of produkte aanlyn koop. Ons het al gevalle van swendelary op sekere webtuistes gekry en die mees algemeenste is die verkoop van diere, trekkers en voertuie.
Indien 'n item se prys te goed lyk om waar te wees, moenie 'n deposito betaal nie," waarsku Isaacs.
Volgens haar is 'n ander euwel is, pensioe-narisse wat hul pensioengeld by sangomas en in ander skemas belê. "Bewaar die pensioengeld waarvoor u so hard gewerk."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'