Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Groot opgewondenheid onder plaaslike inwoners het Saterdag 7 Oktober geheers, want die lewens van babas waarna nooit uitgesien is nie, is met 'n babatee by die skouterrein gevier.
Ryans House is 'n 90-dae huis van veiligheid vir hierdie babas en was vir 12 jaar 'n droom van Michelle Corntwaite, wat nou 'n werklikheid geword het.
Lede van die gemeenskap het saamgespan om die geleentheid aan te bied en gaste het kleurvolle geskenkpakkies, met die fraaiste bababenodigdhede gebring. Soos dit by 'n babatee hoort, het almal gesellig saamgekuier.
"Ek gaan seker huil, maar dit is al die hoop en verwagting wat tot nou toe opgebou het," het 'n emosionele Corntwaite gesê.
Sy vertel van Bybelverse wat haar geïnspireer en laat moedhou het.
"His Word took effect in my heart. My heart broke for everything. It is important not just to use plasters, but to heal the wound."
Na 'n reeks tekeninge van haar dogter Scarlett (6), was dit vir haar 'n groot bevestiging dat dit nou die tyd is dat alles in plek gaan val.
Dit was ook baie belangrik dat die gemeenskap hande vat, want sy kon dit nie alleen doen nie.
Die naam van die huis het sy ontstaan toe 'n straatkind, Ryan deel van haar lewe was.
Daarby het die naam ook 'n pragtige betekenis, Klein koninklike.
Gaste kuier gesellig saam.
Lees 'n vorige artikel: Huis van veiligheid open
ARTIKEL EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'