STILBAAI NUUS - Amy, oudste dogter van Charlotte en Jonathan Michiel van Melkhoutfontein, het Saterdag, 23 April haar B Ed-graad aan die Nelson Mandela Universiteit, Gqeberha kampus ontvang, met wiskunde en wetenskap as haar hoofvakke.
Sy het ook 'n GA vlak 5-diploma in die onderrig van Engels as 'n vreemde taal ontvang, wat haar in staat stel om in die buiteland te onderrig.
Sy is tans in diens by Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai, waar sy sedert die aanvang van die jaar begin het. Sy het in 2017 by Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool matrikuleer.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'