Gallery
HESSEQUA NUUS - Die strukture teen die bult langs die N2 ’n paar kilometers buite Riversdal, rigting Mosselbaai is nie ’n plakkerskamp nie, en die varkplaas is op gesonde beginsels baseer.
Suid-Kaap Forum het na aanleiding van navrae deur die publiek met die owerhede gepraat.
Volgens die Hessequa-munisipaliteit is daar geen onwettige strukture nie – selfs die ‘strukture’ in die kloof is eintlik kleistene wat so gepak word om gebak te word, en wanneer dit reën word dit met ’n seil toegegooi sodat dit nie smelt nie.
Die strukture is ook wettig en die varkplaas hou geen gesondheidsrisiko in nie, aldus die munisipaliteit.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'