RIVERSDAL NUUS - Meals on Wheels se Extreme Ride 4 Hunger fietstoer het weer vanjaar kinders en ouers se ogies laat blink.
Hulle ry van Kimberly tot Kaapstad met fietse om geld in te samel. Hulle lê ’n total van 1000 km af.
Die groep het soos die vorige jaar in Riversdal aangedoen en vir 60 kinders pakkies uitgedeel.
Dié pakkies het onderandere skryfbehoeftes, lekkergoed en daaglikse benodighede ingehad.
Almal was baie opgewonde en groot waardering was duidelik sigbaar. Pakkies met kruideniersware is aan van die ouers uitgedeel. Vanjaar is hulle gelukkig om Rachel Kolisi deel van die span te hê.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'