STILBAAI NUUS - Sekere vakante bestuursposte gaan tydens die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se algemene jaarvergadering op Donderdag 22 Februarie verkies word.
Die vergadering vind om 19:00 in die plaaslike gemeenskapsaal plaas.
Dit is van kardinale belang dat die breë gemeenskap verteenwoordigend en ook lid van die GPF is.
Lidmaatskap behels dat alle organisasies of instansies wat belangstel, skriftelik aansoek doen.
Verteenwoordigers of afgevaardigdes sal die jaarvergadering moet bywoon.
Die uitvoerende bestuur vergader maandeliks saam met die polisie, waartydens misdaad oor die algemeen bespreek word.
Lidmaatskapvorms kan verkry word by Elize Claassens.
Vir verdere inligting, skakel haar by 028 754 6100.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'