Update
STILBAAI NUUS - Dit lyk of talle vakansiegangers hulle nie deur 'n virus laat afskrik nie.
Hoewel minder besoekers as wat verwag is opgedaag het, was die N2 van Vrydag 20 Maart af opmerklik besiger.
Heelwat motors met karavane en sleepwaens wat nie plaaslike nommerplate het nie, het op die R305 na Stilbaai afgedraai.
Die dorp se kruidenierswinkels het ook langer toue as gewoonlik gehad. Saterdag 21 Maart was dit 'n geskarrel by drankwinkels om voor die nuwe toemaaktyd 'n lafenis vir die keel aan te skaf.
Een winkeleienaar het op voorwaarde van anonimiteit aan Suid-Kaap Forum gesê: "Die vakansie het ons almal in 'n tweestryd gegooi. Ons het die inkomste uit toerisme nodig, maar dit maak ons dorp baie kwesbaar vir besmetting met die Covid-19 virus."
'n Assistent by 'n ander winkel het klante die keuse gegee om self die kaartmasjien by die betaalpunt te hanteer. Volgens haar het baie besoekers daarop aangedring, al is die masjien met ontsmettingsmiddel tussen transaksies afgevee, maar om weg van hul huise vakansie te hou het hulle skynbaar nie gepla nie.
Jongensfontein se karavaanpark het heelwat kampeerders gehad, hoewel baie oop staanplekke sigbaar was. In teenstelling daarmee was Stilbaai karavaanpark en Preekstoeloord so te sê verlate. Selfs die hoofswemstrand by Lappiesbaai aan die oostekant was STILBAAI Dit lyk of talle vakansiegangers hulle nie deur 'n virus laat afskrik nie.
Hoewel minder besoekers as wat verwag is opgedaag het, was die N2 van Vrydag 20 Maart af opmerklik besiger. Heelwat motors met karavane en sleepwaens wat nie plaaslike nommerplate het nie, het op die R305 na Stilbaai afgedraai.
Die dorp se kruidenierswinkels het ook langer toue as gewoonlik gehad. Saterdag 21 Maart was dit 'n geskarrel by drankwinkels om voor die nuwe toemaaktyd 'n lafenis vir die keel aan te skaf.
Een winkeleienaar het op voorwaarde van anonimiteit aan Suid-Kaap Forum gesê: "Die vakansie het ons almal in 'n tweestryd gegooi. Ons het die inkomste uit toerisme nodig, maar dit maak ons dorp baie kwesbaar vir besmetting met die Covid-19 virus."
'n Assistent by 'n ander winkel het klante die keuse gegee om self die kaartmasjien by die betaalpunt te hanteer. Volgens haar het baie besoekers daarop aangedring, al is die masjien met ontsmettingsmiddel tussen transaksies afgevee, maar om weg van hul huise vakansie te hou het hulle skynbaar nie gepla nie.
Jongensfontein se karavaanpark het heelwat kampeerders gehad, hoewel baie oop staanplekke sigbaar was. In teenstelling daarmee was Stilbaai karavaanpark en Preekstoeloord so te sê verlate. Selfs die hoofswemstrand by Lappiesbaai aan die oostekant was stil.
Lappiesbaai se parkeerterrein.
Preekstoeloord was verlate.
Vorige artikel: Virus skrik nie besoekers af nie
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'