STILBAAI NUUS - Die plaaslike sakekamer nooi alle belangstellendes om op Donderdag 25 Julie om 18:15 by hulle in die Stilbaai-gholfklub aan te sluit.
Johan Jacobs, Hessequa munisipale bestuurder, en senior bestuurslede sal enkele kort aanbiedings oor die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR), asook die munisipaliteit se realistiese grootmaatdiensplanne vir die groter Stilbaai lewer.
Daarna sal die impak van dié beplanning op plaaslike besighede onder die soeklig geplaas word.
Geen koste is aan bywoning verbonde nie en verversings sal bedien word. Belangstellendes moet voor 20 Julie 'n e-pos na rachel@stilbaaisakekamer.co.za stuur om bywoning te bevestig.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'