HEIDELBERG NUUS - Twee motoriste het Vrydag, 25 September slegs ligte beserings opgedoen na 'n trompop-botsing op die N2 net buite Heidelberg.
"Die bestuurder van die swart BMW het in Swellendam se rigting gery toe hy met 'n grys Opel Corsa gebots het," verduidelik ao Alroy Windvogel, kommunikasiebeampte van Heidelberg-polisie.
Die impak van die botsing het die Corsa se enjin heeltemal uitgeruk en dit het oral langs die pad rondgelê. Die BMW het teen 'n wal tot stilstand gekom.
Die 28-jarige bestuurder, sowel as die 43-jarige vroulike bestuurder van die Opel is per ambulans na die hospitaal op Riversdal vervoer.
Die passasier in die Opel was net erg geskok, maar die passasiers in die BMW het geen beserings opgedoen nie.
Die oorsaak van die botsing was teen spertyd nog nie bekend nie.
Die BMW het teen 'n wal tot stilstand gekom. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'