Gallery Update
STILBAAI NUUS - Dr Rassie en Sarie du Plessis wat op 29 Desember 67 jaar getroud sal wees, is die eerste paartjie wat hul liefdesslot op Stilbaai Toerisme se liefdesslotreling vasgesluit het.
Ds. Andries en Marie van Heerden is 61 jaar getroud en het ook op Vrydag 7 Desember tydens die amptelike opening en inwyding, hul liefde só by Walvisuitkykpunt verewig.
Hessequa-munisipale bestuurder, Johan Jacobs het die toerismeburo geluk gewens en vir hul inisiatief bedank. “Dit is projekte soos die wat toerisme lewendig hou en mense motiveer om ons gebied te besoek,” het hy gesê.
Archie van Dyke het oorspronklik aan die idee gedink om so ’n reling by die uitkykpunt op te sit.
Wanneer jou liefdesslot gesluit is, kan jy jou sleutel in ‘die see’ gooi.
Dié see is ’n staalhouer langs die reling wat ‘die see’ genoem is. Sodra die sleutel daarin is sal jy dit nie weer kan uithaal nie.
Walvisuitkykpunt het gerieflike bankies waarop besoekers en inwoners kan sit en oor die hawe en Stilbaai uitkyk.
Lees 'n vorige artikel hier: Liefde word nou só verewig
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'