RIVERSDAL NUUS - Miriam Fall van Riversdal en ’n mamma van Heidelberg het op Kersdag geboorte aan gesonde babadogtertjies in Riversdal-hospitaal geskenk.
Miriam se dogtertjie, wie nog nie ’n naam gehad het nie, het die skaal op 4kg getrek.
Die pragtige dogtertjie het haar verskyning om 16:15 gemaak. Sy is 51cm lank en die omtrek van haar kop is 36 cm.
Die mamma van Heidelberg het ongelukkig die kamera ontglip.
Miriam Fall saam met haar babadogtertjie.
Sy is 51cm lank en die omtrek van haar kop is 36 cm.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'