Elf dames, twee mans en die busbestuurder het vroegoggend die pad aangepak na hul bestemming. In die Robinsonpas het hul 'n trop bobbejane gevind wat in die pad geloop het.
Hul eerste stop was by die NG Kerk Kangovallei waar die Bybelse tuin besoek is.
Bykans al die plante in dié tuin het 'n Bybelse verband en by die plante is daar 'n versie aangebring om die besoekers meer bewus te maak waar dit in die Bybel na verwys word.
Die lede het ook 'n besoek afgelê by die pastorie met sy pragtige rosetuin.
Middagete is genuttig en daarna het hul by van die talle gastehuise 'n draai gaan gooi voordat hul teruggekeer het na Riversdal.
Almal het natuurlik saamgestem dat hul regtig verras was met die pragtige Kangovallei met sy mooi natuurskoon.

Die groep lede van die Green Fingers tuinbouklub wat 'n besoek afgelê het by Kangovallei, Schoemanshoek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'