RIVERSDAL NUUS - Danksy die bekwame reëlings van die Greenfingers-tuinbouklub se komitee en helpers was hul opedag 'n reusesukses.
Die dames het 'n interessante en leersame oggend geniet.
Onder leiding van Elmarie Vosloo se keurige hand was die tafels pragtig gedek en 'n ware fees vir die oog.
Mariaan Streicher het die verwelkoming gedoen en Zeta Birch het waardevolle wenke gegee oor hoe snyblomme in blompotte langer vars gehou kan word.
Sy het ook gedemonstreer wat jy alles uit jou tuin kan gebruik om 'n ruiker te maak as daar nie blomme is nie.
Die kreatiwiteit van die tafels, gedek met verskillende temas deur Ilse Lamprecht (Kerstafel), Lilien de Jager (teetafel), Irené Lourens (familietafel), asook Alida en Janneke Geldenhuys (kinderpartytjietafel) het almal verstom.
''Beslis iets spesiaal, 'n stukkie mooi en positiwiteit in 'n droë wêreld vol slegte nuus,'' aldus Jessica Stanley, een van die lede.
Die dames het 'n interessante en leersame oggend geniet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'