Update
RIVERSDAL NUUS - Om vir iemand te wys hulle is spesiaal, is seker een van die mooiste menslike gebare in ons samelewing.
Só 'n dankbare gebaar het Woensdag, 5 Mei plaasgevind toe die organiseerder, Zeta Birch van die vlytige plaaslike Green Fingers-tuinbouklub sommer twee vars tuisgebakte bierbokskoeke aan Riversdal-polisie oorhandig het.
"Hierdie bederf was vir die mans en vroue van ons plaaslike polisie. Ons sien raak wat julle doen, veral in hierdie uitdagende tyd van die Covid-19-pandemie. Niemand was daarop voorbereid nie.
"Van die eerste oomblik wat die nuwe maatreëls aangekondig was, was julle op jul pos reg om toe te sien dat die nuwe reëls wel toegepas word, van die aandklokreël, tot die dra van maskers en vele ander. As noodsaaklike deel van ons voorste linie het julle julself blootgestel om ons te beskerm," sê Anzette Finmore van die klub.
Die bierbokskoeke is 'n gedagte wat met warmte na die lede uitgereik word vir hul onbaatsugtige diens wat hulle aan die gemeenskap lewer.
"Hulle beskerm ons nie net teen alle misdaad nie, maar dra ook 'n boodskap uit - wees trots op jouself én jou dorp. Dankie daarvoor."
Vorige artikel: Tuibouklub bederf polisie
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'