Gallery
RIVERSDAL NUUS - 'n Dag spesiaal vir diere, hul eienaars en diereliefhebbers is Sondag, 12 Desember deur die Community Animal Rescue Society (CARS) by Riversdal-skougronde aangebied.
Die dag se verrigtinge is met 'n staptog deur eienaars met hul troeteldiere begin.
Die doel van die dag was om bewusmaking te skep van die werk wat hulle doen, maar dit was ook 'n fondsinsameling om die nodige geld te in om na rondloper en verwaarloosde diere om te sien.
FOTOGALERY: CARS honde pretdag
Indien jy meer te wete wil kom van CARS of by dierewelsyn betrokke wil raak, skakel vir Sandra Lotz (082 962 1831). Hulle area strek vanaf Slangrivier tot by die Gouritsriviermond.
Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'