RIVERSDAL NUUS - Edwin Kortjé, 'n polisiereservis van Riversdal, is op Saterdag 14 Januarie in Kaapstad tydens die Wes-Kaapse toekennings vir uitnemendheid vir reserviste as die tweede naaswenner in die provinsie aangewys.
Alle reserviste in die Wes-Kaap is oor 'n kalenderjaar van 1 April 2021 tot 31 Maart 2022 geëvalueer waarna 'n paneel die topwenners aangewys het.
Kortjé, wat al 15 diensjare as reservis by Riversdal-polisie agter die rug het, het sy slag gewys met oortredings en misdrywe soos dronkbestuur en dwelmarrestasies.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'