Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die derde Goliath Davids Hessequa-toneelfees het Saterdag 6 Oktober met ’n hoogtepunt tot ’n einde gekom.
Na ’n week vol drama moes die beoordelaars, Niël Rademan, Peter en Sandy Braaf, asook Ralston Oliphant die moeilike besluit neem wie die beste met hul onderskeie produksies gevaar het.
Die fees is hoofsaaklik in Afrikaans, maar ander tale word ook geakkomodeer.
Die skryf van nuwe, oorspronklike Afrikaans en Engelse tekste word ook aangemoedig.
Die feesbestuur bedank die nasionale Afrikaanse teater inisiatief (NATI) se Cornelia Faasen, vir hul finansiële steun.
Niël Rademan, bekende pianis/kunstenaar en voormalige direkteur van die Suid-Oosterfees het aangebied om deel te wees van volgende jaar se fees.
Die groep van die Goliath Davids Legacy Project tydens hul opvoering van ‘Raka’.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'