Update
RIVERSDAL NUUS - John Pietersen (Tokka) wat op 8 Maart vanjaar op verskeie aanklagte gearresteer is, se saak is tot Maandag 30 Julie uitgestel nadat sy aansoek om borgtog op Donderdag 19 Julie voortgegaan het.
Hy het ook op 25 Junie om borgtog in die plaaslike landdroshof aansoek gedoen. Die staat het egter beswaar gemaak teen 'n verklaring wat deur die verdediging ingehandig is. Volgens die landdros het dit nie aan regsvoorskrifte voldoen nie en is die saak tot Woensdag 4 Julie uitgestel vir die voortduur van die aansoek.
Pietersen staan tereg op aanklagte van handeldryf in dwelms, poging tot handeldryf in dwelms, regsverydeling, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Ander dwelmhandelaars soos Jason Smit is tot 30 dae gevangenisstraf of 'n boete van R500 gevonnis en ook 30 dae opgeskorte gevangenisstraf.
Bradley de Kock moet drie jaar onder huisarres bly terwyl Morné Nel ses jaar gevangenisstraf moet uitdien.
Lees vorige artikels hier:
- Tokka doen aansoek om borgtog
- Tokka weer in hof
- 'Tokka' se tikdae getel
- Lede van 28's-bende loop hul rieme styf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'