Gallery Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Besoekers en toeriste aan Riversdal, maar ook die Hessequa-streek is Woensdag, 15 Desember oudergewoonte met 'n vriendskaplike padblokkade op die N2 net buite Riversdal begroet.
FOTOGALERY: TOERISTE WORD OP N2 VERWELKOM
Motoriste en hul passasiers het 'n verwelkomingspakkie ontvang, terwyl lede van die verkeersdepartement lisensieskyfies, bestuurderslisensies en die motors vir padwaardigheid nagegaan het.
Frikkie Muller van Hessequa-verkeer het die verrigtinge met gebed geopen en die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het die amptelike verwelkoming behartig.
Verskeie raadslede was ook teenwoordig. In die verwelkomingspakkies, wat deur laerskool- en primêre skoolleerders van verskeie skole in die distrik geverf was as deel van 'n projek deur Hessequa-toerisme, was bewusmakingsmateriaal oor veiligheid.
Dit sluit onder meer in om nie vure te maak wat jy nie kan beheer nie, die Brandwet, inligting oor die Suid-Kaap Brandbeskermingsvereniging (SCFPA), Covid-19-regulasies, maar ook aartappelskyfies, koeldrank en lekkers.
Volgens Charl Wade, SCFPA Wes-streeksbestuurder, Riversdal het 515+ motors per uur op die N2 verby die dorp beweeg.
Hierdie groot projek word jaarliks deur Hessequa-munisipaliteit (verskeie departemente), in samewerking met die SCFPA, asook die SCFPA se proto- en WoF-spanne geloods.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'