STILBAAI NUUS - Ten spyte daarvan dat die toerismebedryf verlede jaar erg deur die Covid-19-pandemie geknou was, is daar hoop.
Dit is volgens Dries de Beer, voorsitter van Stilbaai-toerismeburo tydens hul algemene jaarvergadering op Dinsdag, 19 Oktober by Stilbaai-gholfklub.
In sy oorsig het De Beer gesê dat die afname in toeristegetalle as gevolg was van die strande wat gesluit was, die raakrugbytoernooi (Touchies) wat afgestel was en die rubberduck-wedren wat nie plaasgevind het nie.
“Stilbaai is egter steeds 'n gewilde vakansiebestemming vir plaaslike, sowel as buitelandse toeriste. Stilbaai gaan sewevoudig terugkry wat in 2020 verloor is.”
Wolmarans het 'n ere-sertifikaatpostuum en 'n simboliese vyeboom aan Kassie Kasselman oorhandig vir wyle Liesel Kasselman se merkwaardige bydrae tot toerisme in die Stilbaai-omgewing.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'