Gallery Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - Motorfietsryers het Saterdag 7 April die dorp binne gebrul en tot by die polisiestasie gery waar hulle met adjudant offisier Neels Oosthuizen ontmoet het.
Hy is in beheer van landelike veiligheid van die polisie in die Riversdal streek.
Pastoor T J Mare het ’n memorandum aan Oosthuizen oorhandig.
Mare en sy groep ry van Kwazulu Natal na Kaapstad terwyl hulle by polisiestasies stop waar hulle polisielede bedank.
Die doel van die toer is om bewusmaking te doen teen plaasmoorde en landelike veiligheid.
Dié spesifieke toer word die 911 ride CPT & KZN genoem.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in hierdie week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'