Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Tao Truter het homself verras toe hy twee plekke in die onlangse Garden Route Casino Body Building Classic op Mosselbaai gewen het.
Hy het eers begin verlede jaar ernstig begin oefen en was nie seker of hy moet inskryf nie. Sy oefenmaats het hom omgepraat – “en toe eindig ek daar op!” vertel hy.
Hy sê hy het begin oefen omdat hy ’n hardegat tiener was wat baie aggressie in hom gehad het. Hoe harder hy al sy spiere in die gim geoefen het, hoe meer het dit hom kalmeer.
Maar dis harde werk wat baie opoffering verg om die hoogste sport te bereik, want hy moet altyd ’n gesonde leefstyl handhaaf en soms familiegeleenthede misloop omdat hy moet oefen.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'