Thomas Julies (vulliskompakteerder,drywer) is aangewys as die wenner. Julies het ook in 2011 sy SWD-kleure verwerf in die kompetisie.
Mnr. Hoogbaard van die Hessequa munisipaliteit was in die tweede plek en mnr. Hennie Witbooi ook van die munisipaliteit in die derde plek. Die kompetisie bestaan uit 'n voorrit-inspeksie, baan-en padtoets waar bestuurders teen mekaar moes meeding.
Die doel van die kompetisie is om die bestuurdersopleiding van drywers te bevorder en meer bewus te maak van verkeersveiligheid. Die drywers se bestuurswyse word ook op die manier aangepas om slytasie op voertuie te verminder. Die kompetisie is aangebied deur die Direktoraat verkeersveiligheid in samewerking met Hessequa verkeer.
.jpg)
Deelnemers aan die "Drywer van die Jaar"-kompetisie saam met die adjunk-verkeershoof, Morné Dyason en senior verkeersbeampte, Roy Scheepers. Die Uitvoerende burgemeester van Hessequa, raadslid Emor Nel het die pryse en sertifikate uitgedeel.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID=KAAP FORUM-JOERNALIS