RIVERSDAL NUUS - Oud-verpleegster Fransie Michaels (neé Saayman) is op 5 Februarie oorlede.
Sy was vroeër aan Riversdal-hospitaal verbonde.
Volgens 'n oud-matrone wat aan die Somerset-hospitaal in Kaapstad verbonde was, was Fransie uiters professioneel en het sy haar pasiënte met deernis en empatie versorg.
Sy tree in die huwelik met Arend (At) Michaels, 'n verpleër en portier by Riversdal-hospitaal.
Hy ontval haar op 15 Augustus 2003.
Fransie moet as gevolg van swak gesondheid op vroeë pensioen gaan.
Sy word oorleef deur twee seuns en drie kleinkinders.
Die begrafnis was op 10 Februarie vanuit die St. Andrews Anglikaanse kerk. 'n Private verassingsdiens is gehou.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'