HEIDELBERG NUUS - Elizabeth Solomons (50), bekende inwoner van die dorp en meer bekend as 'Vrou' is Saterdag 11 November ter ruste gelê.
Die begrafnisdiens was by die huis in Andries du Toitstraat en daarna vanuit die St. Barnabas Anglikaanse Kerk.
Sy het Woensdagmiddag 1 November in die plaaslike daghospitaal gesterf terwyl die personeel haar behandel het.
Haar man, Joseph het haar kort tevore daarheen geneem.
Volgens Solomons het sy aan nierversaking gesterf.
Elizabeth was 'n suikerlyer en het na 'n kort siekbed van 'n maand die stryd gewonne gegee.
Begrafnisgangers het van heinde en ver gekom om hul laaste eer te betoon.
Sy was baie geliefd onder veral die potspelspelers omdat haar huis as tuiste vir een van die dorp se spogklubs, Pro Stars gedien het.
Buiten haar man laat sy twee dogters, Karen en Natalie, twee seuns, Gregary en Brendon, asook vier kleinkinders agter.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'