STILBAAI NUUS - Die alombekende tenoorstem van Dougie Yazbek het stil geword.
Die 87-jarige geliefde inwoner van Stilbaai is op 29 Julie na jarelange stryd aan frontotemporale demensie by sy huis oorlede.
Voor hy siek geword het, was hy 'n kranige sportman wat vier jaar gelede nog die plaaslike enkelspel-rolbalkampioen was en ook goed met gholf en krieket gevaar het. Sy sangtalent en borrelende verhoogpersoonlikheid was wyd bekend. Sy tweelingsuster, wat dikwels saam met hom op die verhoog te sien was, is twee weke voor hom in die Carewell privaat hospitaal oorlede.
Die begrafnis het op 3 Augustus uit die United Church in Stilbaai plaasgevind. Hy word oorleef deur sy vrou Euchi, drie kinders en vyf kleinkinders.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'