STILBAAI NUUS - Hoe meer dae, hoe meer skelms, reken ao. Morné D'Emiljo van die plaaslike polisie.
"Mense raak desperaat vir geld en probeer enigiets om goedgelowiges te bedrieg." Hy het die publiek teen veral telefoonslenters gewaarsku.
Hy sê hulle kry talle klagtes van inwoners wat oor die telefoon ingeloop is, omdat hulle geglo het die oproep is van 'n amptelike instelling soos 'n bank.
Diewe steel geld, identiteite of albei na sensitiewe inligting soos bank PIN’s aan hulle verskaf is.
Waarskuwingstekens
- Oproepe uit die bloute vanaf maatskappye of instellings waar jy geen rekening het nie of nog nooit mee te doen gehad het nie;
- Beloftes wat te goed klink om waar te wees of dreigemente oor lenings of rekeninge wat jy nie het nie;
- Oproepe van sogenaamde liefdadigheidsorganisasies;
- Geoutomatiseerde oproepe (robocalls) van plekke aan wie jy nie toestemming gegee het om jou te kontak nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'