HESSEQUA NUUS - Na sy hartomleiding op die jong ouderdom van 54 jaar en Piet Avenant hoor dat hy medies ongeskik vir verdere diens by die SA Spoorweë is, het hy begin om rose teen betaling te snoei.
Dit was nie net die begin van Piet se fisiese herstel nie, maar ook die begin van ‘n baie lang en mooi toekoms in die tuine van Kaapstad se noordelike voorstede.
In 2018 het Piet en Matilda se tweede oudste seun, André wat op Riversdal woon, hulle in 2018 gehelp om by Ou Meule-tehuis plek te kry.
Sommer binne die eerste week het Piet almal se harte met sy skerp humorsin gewen en sy groen vingers het ook hulle pad na die tehuis se tuin gevind.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'