HESSEQUA NUUS - Die Covid-19-regulasies is wel genoeg verslap dat haarkappers hare mag kap, maar dit sluit nie die kap van indringerplante in nie.
Dié tong-in-die-kies-waarneming kom van die voorsitter van Stilbaai-bewaringstrust, dr Deon Begemann.
Die trust het beplan om binnekort met hul projek om indringerplantegroei in die Stilbaai-omgewing hok te slaan, voort te gaan. Begemann sê egter hulle het na samesprekings met die plaaslike polisie besef die regulasies maak nog nie vir sulke aktiwiteite voorsiening nie, want dit word nie as noodsaaklik geklassifiseer nie.
Hulle hoop om binnekort met die kapwerk te kan voortgaan.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'