RIVERSDAL NUUS - Huis Wallace Anderson het Maandagoggend, 31 Oktober, hul derde inwoner in net meer as 'n jaar aan die dood afgestaan met die afsterwe van Sylvia Kirkman.
Sylvia het in 2009 haar intrek in Huis Wallace Anderson geneem. Haar klokhelder laggie het van soggens vroeg tot saans laat in die gange weerklink. Sy was ook baie lief vir kinders en vir gesels.
Die buurt se kinders het die Wallace Anderson Plastiekwinkel goed ondersteun, al was dit net om bietjie met tannie Sylvia te gesels.
Sy sal sekerlik gemis word. Haar plekkie in Huis Wallace Anderson is leeg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'