RIVERSDAL NUUS - Emily-Ann Rautenbach het verlede jaar Oktober wonderbaarlik met haar lewe daarvan afgekom toe sy in ’n ernstige motorongeluk was.
Sy is ’n oud-leerder van Hoërskool Langenhoven en het op Maandag 13 Mei haar storie van hoop tydens ’n saalbyeenkoms by dié skool gedeel.
“Ek was vir ’n uur en ’n half onderstebo in die wrak vasgekeer. Die linkerkant van my kopvel het losgeskeur, albei my arms was gebreek en regterarm vergruis,” het sy vertel.
Sy hoop om ’n verskil in mense se lewens te maak en ander ook hoop te gee deur haar storie op verskeie platvorms te deel.
Jy kan meer van Rautenbach se bediening en getuienis te leer deur haar persoonlike Facebook-profiel en die blad Yahweh El Roi Ministries te besoek.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Die wrak waarin Rautenbach vasgekeer was.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'