Update
SWELLENDAM NUUS - Vier-en-veertig begunstigdes het onderskeidelik op Woensdag, 31 Maart en Vrydag, 9 April huise ontvang.
Dit volg na 'n behuisingsinisiatief en -program wat in Julie 2019 in Smitsville, in vennootskap met die Wes-Kaap regering se departement van menslike nedersettings geloods is.
"Swellendam-munisipaliteit het aanvanklik vir bystand met 87 eenhede by dié departement aansoek gedoen, maar dit is na 82 eenhede verander weens die hoeveelheid grond wat in Smitsville vir behuising beskikbaar is," het Bianca McKechnie, senior media- en kommunikasiebeampte gesê.
Die behuisingsprogram is een van drie wat oor die laaste drie boekjare (2018/19, 2019/20, 2020/21) in die munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan opgeneem is. Die ander eenhede sal teen 30 April oorhandig word wanneer die Smitsville-behuisingsprogram voltooi word.
Vrydag se oorhandiging was deur Tertuis Simmers, minister van menslike nedersettings, Wes-Kaapse regering, Nicholas Myburgh, uitvoerende burgemeester, Michael Pokwas, uitvoerende onderburgemeester, Anton Groenewald, munisipale bestuurder, asook raadslid F du Rand bygewoon.
Vorige artikel: Swellies-begunstigdes kry huise
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'