SWELLENDAM NUUS - Swellendam-munisipaliteit het vir die 2019/2020 finansiële jaar 'n skoon ouditverslag van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OGSA) ontvang.
'n Skoon oudit staan ook bekend as 'n "ongekwalifiseerde ouditmening sonder bevindings".
Dit is die vyfde skoon ouditmening wat in die afgelope sewe jaar aan dié munisipaliteit toegeken is.
'n Skoon oudit is die hoogste vlak van versekering wat die ouditeur-generaal kan gee as 'n bevestiging van die akkuraatheid en deursigtigheid waarmee die munisipaliteit se finansiële sake hanteer en gerapporteer is.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'